|
PRESS REVIEWS
Beeld July 17 2000 (english
translation) Dit was nog nooit makliker om Xhosa of Zoeloe aan te leer as met hierdie netjiese en praktiese stelle CD’s en handboeke nie. Al wat jy nodig het, is ’n PC wat sterk, slim en vinnig genoeg is (486 SX @ 25MHz of beter, minstens 4 MB RAM, 256 kleur en liefs Windows 95) en ’n opregte begeerte om te volhard. Die weldeurdagte multimedia-kursus vir beginners – wat die stempel en seën van die Universiteit van Kaapstad (UK) dra – is ontwikkel deur Tessa Dowling, ’n voormalige dosent in die departement Afrika-tale aan die UK, en die programdeskundige Christine Dunckley. Op die omslag word beweer dat die stel “wereldwyd gebruik word deur mense wat Xhosa wil leer”, en in opset en voorkoms lyk dit ook soos dié wat deur Berlitz en ander internasionale taalskole bemark word. Die voordeel van so ’n interaktiewe CD is die vermoë om klank en beeld te verbind en al twee vas te knoop met ’n teks in ’n handboek. Lyftaal verskyn op die skerm, uitspraak klink oor die versterker terwyl die handboek die woorde uitspel en grammatikaal verklaar. Dit klink so goed soos kan kom. Maar natuurlik bring die aanleer van so ’n taal probleme mee wat niks te doen het met die taal self of die besondere kursus nie. Jy moet eerstens die regte (taamlik duur) tegnologie hê en tweedens, en veel belangriker selfs, genoeg aansporing om die taal te wil leer. Dit is moeilik om te bepaal of moedertaalsprekers self wel die breër gebruik van hul tale wil bevorder; politici sal die voorheen bevoordeeldes striem vir hul gebrek aan belangstelling, maar bied geen aanmoediging deur middel van beleid nie en praat self niks anders nie as Engels in die openbaar, wat alles min doen om die werk van taalonderwyser, tolk en vertaler sinvol te maak. In ons daaglikse gejaag en gewerskaf is dit moeilik om regverdiging te vind vir ’n onderneming wat kwalik bokant sentiment of wellewendheid uitstyg. Op bepaalde terreine (die hospitaal en spreekkamer, misdaadvoorkoming ensovoorts) sou kennis van ’n inheemse taal as feitlik noodsaaklik beskou kon word, maar elders sal dit ongelukkig laag op die prioriteitslys verskyn. Die kernvraag bly: Waarom hoegenaamd ’n taal aanleer wat feitlik geen geskrewe letterkunde of selfs tydskrifte het nie, wat nie die terminologie het om ons moderne tegnokrasie mee te bedien nie en wie se boorlinge self deurgaans kliphard probeer om Engelssprekers te word?
Beeld July 17 2000 It has never been easier to learn Xhosa and Zulu than with these practical cd’s and textbooks. All you need is a PC that is powerful enough and the willpower to succeed. This well thought through multimedia course was developed by Tessa Dowling, former lecturer at the African Language Department at UCT, and Christine Dunckley a programming expert. Looking at the cover it is claimed that this package is used worldwide and compares well to Berlitz and other international packages of its kind. The benefit of such an interactive CD is the ability to combine sound and visuals and use them in conjunction with a textbook. This sounds as good as it gets, but there are of course problems with the learning of a language that has nothing to do with the language or course of study. One has to have the right technology (very expensive) and secondly the willpower to learn a new language. It is difficult to establish whether mother tongue speakers actually want to promote their language for broader public use. Politicians aren’t helping either by only speaking English. This makes life very difficult for teachers, translators and like folk. In certain areas of society we would benefit having the knowledge of an indigenous language (hospitals, police etc) but elsewhere it is bound to stay very low on the list of priorities. The question remains: Why learn a language that hardly has any written literature, no magazines, that hasn’t got the terminology to serve our modern day technology and whose mother tongue speakers are desperately trying to become English speakers? |